Radio Kanaal 7 (Channel 7) 102.3 FM

Kanaal 7 (Channel 7) 102.3 FM

Windhoek, Khomas, Namibia

Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Dirk Louw gesels vanoggend om 08h30 oor Vas en Gebed met ‘n heruitsending vanaand om 20h30.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

"Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My." Open 3:20 Die Here is altyd daar vir jou. Hy nooi jou om Hom in jou lewe in te nooi en Hom Here van jou lewe te maak. Maak oop jou deur en nooi Hom in, en Hy sal jou seën met sy volheid.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 142: Prediker 1:1 – Prediker 4:16

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Het jy al 'n kaartjie gekoop vir die Baba en Kleuter Seminaar?

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Verjaar 'n vriend of familielid op Woensdag, 22 Mei? Ons saai verjaardag boodskappe uit elke oggend om 08h20. Comment net onderaan of stuur 'n sms na 1023 of 'n epos aan klets@k7.com.na

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Natuurrampe is eintlik so oud soos die mensdom self. Het jy al 'n natuurramp beleef? Talle mense het hierdie week gesterf na 'n hewige tornado in Oklahoma in die VSA. Aardbewings is aan die orde van die dag. In ons land is dit ernstige droogtes en soms vloede en oorstromings. Wat het jy al ervaar en/of weet jy van vriende en familie wat 'n natuurramp oorleef of selfs omgekom het. Wat onthou jy daarvan? Laat weet ons en gesels saam Woensdagoggend, 22 Mei tussen 06:00 en 09:00...

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Aandag alle sportmanne & vroue!

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Gebedsversoeke vir Egipte: •Bid dat die geweld in Egipte sal ophou en dat ware demokrasie gevestig sal word. •Bid dat baie die Evangelie sal hoor deur die radio en televisie. •Bid vir Christen bedieninge in Egipte en dat die Here hulle sal beskerm en lei deur Sy Gees.Martyrs for ChristMartyrs for Christ is a non-profit, interdenominational organization dedicated to serve Christians around the world who are being persecuted for their faith in Christ.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Kobus gesels om 13h30 met Linda oor die grotkerk in Egipte wat tot 15,000 mense per diens kan akkommodeer.Grotkerk in EgipteKobus gesels om 13h30 met Linda oor die grotkerk in Egipte wat tot 15,000 mense per diens kan akkommodeer.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

"God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." Joh 3:16 Die grootste liefde wat die skepping ooit geken het en ooit sal ken: God het sy enigste Seun vir die wêreld, vir my en jou, gegee. Deur sy kruisdood is ons gered en is ons versoen met ons hemelse Vader. Leef dan vanuit hierdie liefde wat God vir jou het.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 141: Spreuke 29:1 – Spreuke 31:31

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Bykans 15,000 vuurwapenlisensies is die afgelope twee jaar aan Namibiërs uitgereik en daar bestaan kommer dat burgerlikes te maklik ‘n vuurwapen kan bekom. Die hoof van die Namibiese Polisie, Generaal Sebastian Ndeitunga, is bekommerd oor die stand van sake en is volgens ‘n berig in die Namibian, van mening dat wetgewing oor die uitreik van vuurwapenlisensies hersien moet word. Wat is jou mening hieroor? Gesels saam Dinsdagoggend 21 Mei van 06:00 af…

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Verjaar 'n vriend of familielid op Dinsdag, 21 Mei? Ons saai verjaardag boodskappe uit elke oggend om 08h20. Comment net onderaan of stuur 'n sms na 1023 of 'n epos aan klets@k7.com.na

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Onthou hierdie datum...

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Lesse vir skoolverlaters deur Gerrie van Zyl (Bron: Volksblad) Bill Gates het by ‘n hoërskool opgetree en 11 reëls genoem wat ‘n kind nooit ooit in ‘n skool sal leer nie. Ek het dit aangepas vir ons Suid-Afrikaanse jeug. Ek som kortliks op: 1. Die lewe is nie regverdig nie, so word gewoond daaraan. 2. Die wêreld gee nie ‘n duit om vir jou selfrespek nie. 3. Jy sal nie R240 000 ‘n jaar verdien net nadat jy skool verlaat het nie. Jy sal nie as ‘n ondervoorsitter aangestel word met ‘n maatskappymotor totdat jy dit verdien nie. 4. As jy dink jou onderwyser was moeilik, wag totdat jy ‘n baas het. 5. Om hamburgers by Spur te maak, is nie benede jou waardigheid nie. Jou oupa-hulle het ‘n ander woord gehad vir hamburgers maak. ‘n Mens noem dit ‘n geleentheid. 6. Wanneer jy ‘n gemors maak, is dit nie jou ouers se skuld nie. Moenie daaroor tjank nie. Leer daaruit. 7. Voor jou geboorte was jou ouers nie so “boring” soos nou nie. Hulle moes hulle afsloof vir jou. Voordat jy dink jy is “cool” pak liewer jou kamer reg. 8. Skole wil wegdoen met prestasies, maar die lewe het nie en gaan ook nie. Jy kry genoeg tyd om met 30% in ‘n vak te slaag. In die lewe is daar niks wat hiermee ooreenstem nie. 9. Die lewe is nie verdeel in skoolkwartale nie. Daar is nie so iets soos lekker lang vakansies by die see nie. Werkgewers stel nie daarin belang om jou te help om jouself te vind nie. Doen dit in jou eie tyd. 10. Wat jy op TV sien, is nie werklik nie. Dit is egter werklik om op te staan voor daardie TV, die afstandbeheer, die foontjie en die speletjie neer te sit en te gaan werk vir jou voortbestaan. 11. “Be nice to nerds”, of die kanse is goed dat jy dalk vir een gaan werk.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Dirk Louw gesels vanoggend om 08h30 oor Vas en Gebed met ‘n heruitsending vanaand om 20h30.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Die gelukkigste mense het nie noodwendig die beste van alles nie. Hulle maak bloot die beste van alles. Roy O. Disney

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 140: Spreuke 26:1 – Spreuke 28:28

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Waarmee gaan jy jouself besig hou as jy die dag aftree? Het jy al daaraan gedink of is dit glad nie vir jou belangrik nie? Afgetredenes, waarmee hou julle julleself besig? Gesels saam Maandagoggend, 20 Mei van 06:00 tot 09:00…

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Verjaar 'n vriend of familielid op Maandag, 20 Mei? Ons saai verjaardag boodskappe uit elke oggend om 08h20. Comment net onderaan of stuur 'n sms na 1023 of 'n epos aan klets@k7.com.na

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Ons het die volgende kennisgewing ontvang: Die Begrafnis van wyle oom Danie van Vuuren vind om 10h00 Maandagoggend, 20 Mei 2013 vanuit die NG kerk SUID Gobabis plaas. Ons dink ook aan die familie in hierdie tyd.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus. Romeine 6:11 "Here, vandag bely ek my sondes aan U. Amen."

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 139: Spreuke 23:1 – Spreuke 25:28

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Daar is nog net 'n paar uur oor om vir jou gunsteling kamp foto te gaan stem op Gramadoelas se Facebookblad in ons "Herinneringe is 'n Skatkis" foto kompetisie! Wanneer die vure hoog brand sal ons 'n wenner bepaal van daardie heerlike wegbreek naweek by Mondjila Safari Kamp en dit bekend maak op Gramadoelas se blad. Kyk gerus uit en gaan maak seker jou gunsteling is die voorloper!http://www.mondjilasafaricamp.com/www.mondjilasafaricamp.com

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Die Kruistog - Saterdag, 18 Mei

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Na 20 jaar het Kanaal Sewe Direksie en Bestuur besluit dit is tyd vir ‘n nuwe vars en moderner logo. Die simboliek en beskrywing van die logo is eg en opreg aan die visie en missie van Kanaal 7. BESKRYWING DIE SEWE Die syfer sewe simboliseer God se perfektheid, Sy soewereiniteit en Sy heiligheid. Die 7 is steeds primêr die fokuspunt en duidelik herkenbaar, maar is tog vereenvoudig. Die hoeke is meer gerond, juis sodat dit 'n meer moderne aanslag kan hê. Om daardie rede vertoon dit dan ook meer kompak. Omdat die evangelie juis nie net tot ons klein wêreld beperk moet word nie, "groei" die 7 as’t ware oor wêreldgrense heen. Dit oorvleuel die sirkel/wêreld. Omdat elke organisasie 'n struktuur nodig het om effektief te kan funksioneer word 'n sterk donkerblou kleur (bepalend van die struktuur/gesag) gebruik om gesag en beheer binne die organisasie uit te oefen. Die donker buitelyn verleen outoriteit en standvastigheid aan God se wil en Kanaal 7 se visie deurdat die 7 nou nog sterker na vore kom. In teenstelling daarmee is die aanwending van geel (die swakker kleur) binne die 7 'n toonbeeld van onderdanigheid en nederigheid aan Sy outoriteit en struktuur. Kleur: Geel – energie, vreugde, blydskap, opgeruimdheid, lewe en varsheid Kleur: Donkerblou – stabiliteit, outoriteit, verantwoordbaarheid, toewyding, uitmuntendheid en integriteit DIE RONDE "VOL" SIRKEL Rond en vol simboliseer perfeksie, sonder gebreke. Die soliede, ronde, ligblou sirkel verteenwoordig die sendingveld, die wêreld, in sy geheel. Die sirkel omsluit die hele wêreld as 'n sendingveld, volmaak ingesluit in God se "sirkel" of wil. Deur Sy perfekte wil vir Kanaal 7 te aanvaar kan ons nou vrylik daarbinne (die sirkel) beweeg. Kleur: Ligblou (Cyan) – omgee, spanwerk, energie en passie HALF-GEBROKE SIRKELS Simboliseer gebrokenheid (afhanklikheid), maar ook diensbaarheid. Kanaal 7 se Christelike beginsels en geloofsverklaring van die Drie-eenheid (Vader, Seun en Heilige Gees) word sterk beklemtoon deur die drie half-gebroke sirkel- of sein-groepe. Die sirkels is simbolies van K7 se strewe om die toonaangewende, interaktiewe Mediakanaal vir Jesus Christus te wees. Die Here gebruik juis dié wat "gebroke" en nederig van hart is om die evangelie te versprei. Matteus 5: 3 - 12 “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” Sodra die evangelie in ons harte is, het dit 'n rimpeleffek VANUIT die harte van ons as Christene na die res van die wêreld, en word dit oor grense heen, reg rondom die wêreld versprei deur middel van radiogolwe/seine. En omdat Kanaal 7 reeds die bestaande en gevestigde platform is, word die "rimpeleffek" prakties toegepas deur dit as medium te gebruik tot eer en verheerliking van Sy Naam. Met netwerk en kommunikasie primêr in gedagte, skep die logo die perfekte aansluitingspoort/middelpunt (hub) wat mense, families, die gemeenskap en die korporatiewe besigheidswêreld bevoordeel. Op sy beurt, dui die gebroke sirkels baie duidelik die toekomstige rigting vir Kanaal 7 aan – GROEI NA BUITE! FONT Flexo - 'n Informele, half boksvormige font wat uitstaan in baie gebruike daarvan en vertroue inboesem. Dit sal in die meeste gevalle uitstaan in beide hoofopskrifte en teksformaat. Dit maak van die font 'n gewilde keuse vir die korporatiewe identiteit van Kanaal 7. Deur die font in kursief aan te wend word die oorgrote meerderheid van die luisteraars in Namibië in ag geneem. Dit is 'n mark wat plat op die aarde en mededeelsaam is, en die oorgrote meerderheid luisteraars wil juis nie as korporatief geklassifiseer word nie. Daar moet dus ruimte wees vir beide wêrelde: informeel sowel as korporatief. Die aanwending van die font is dus informeel (kursief) in dié geval, maar steeds beheers en professioneel. Deurdat die naam "Channel" (bo) en "Kanaal" aan die onderkant geplaas is, balanseer dit die logo. Daarmee word die Afrikaanse luisteraars se gevoelens en belangrikheid steeds as prioriteit gereken en erken, maar onderdanig tot ons nasionale landstaal. Dit is ook in ooreenstemming met Kanaal 7 se visie om die evangelie binne grense (tweetalig), maar ook oor grense heen te versprei in 'n internasionaal erkende taal – Engels.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Luister vanoggend tussen 09h00 - 10h00 na Gramadoelas met 'n heruitsending vanaand om 18h00.GramadoelasGramadoelas is Kanaal 7 se Buitelewe Radioprogram. Luister Saterdae tussen 09h00 - 10h00 onder leiding van Deon de Waal en Neal v/d Berg.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

… julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees ... Handelinge 1:8 "Here, vandag bid ek vir die volheid van u Heilige Gees in my hart, om U met oorwinning te kan dien. Amen."

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 138: Spreuke 20:1 – Spreuke 22:29

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Vanoggend is ons vroeg uit die vere en na ontbyt vertrek ons deur die grenspos na Jordanië. Dit is hier waar ons vir Ami totsien sê. Groet was nog nooit lekker nie. Ons visums veroorsaak dat ons ure op die grenspos vertoef en genoodsaak is om direk na die lughawe in Jordanië te ry. Ons het darem ‘n bietjie van die land gesien deur ons bus se venster. Die einde van ons toer is insig. Ons vertrek vanaf die lughawe in Amman via Abu Dhabi na Johannesburg. Die toerlede is opgewonde om weer by hulle families aan te sluit, tog ook hartseer oor die vriende wat ons gemaak het op die toer. Vir elkeen wat saamgegaan het, baie dankie! Dankie vir julle omgee, liefde en geduld. Onthou, elkeen van julle is spesiaal!Israel & Egipte Toer - 16 MeiVanoggend is ons vroeg uit die vere en na ontbyt vertrek ons deur die grenspos na Jordanië. Dit is hier waar ons vir Ami totsien sê. Groet was nog nooit lekker nie. Ons visums veroorsaak dat ons ure op die grenspos vertoef en genoodsaak is om direk na die lughawe in Jordanië te ry. Ons het darem ‘n bietjie van die land gesien deur ons bus se venster. Die einde van ons toer is insig. Ons vertrek vanaf die lughawe in Amman via Abu Dhabi na Johannesburg. Die toerlede is opgewonde om weer by hulle families aan te sluit, tog ook hartseer oor die vriende wat ons gemaak het op die toer. Vir elkeen wat saamgegaan het, baie dankie! Dankie vir julle omgee, liefde en geduld. Onthou, elkeen van julle is spesiaal!

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Toks van der Linde se Biltongpot (Bedien 10) 3 uie, gekap 1 pakkie vars sampioene, opgesny 1 pakkie spek, opgesny 1 pakkie frankfurter worsies, opgesny 1 pakkie kaasworsies, (‘cheese grillers’), opgesny 1 pak skroefnoedels 1 pakkie Sampioenrys 1 pakkie Spaanse rys 720g gekerfde beesbiltong 250g gerasperde kaas Braai uie en sampioene in olie in pot. Geur met sout. Voeg spek by en braai 2 minute, voeg worsies by. Braai 5 minute. Gooi noedels en rys by en een ketel kookwater. Maak pot toe en prut 20 minute (gooi nog water by indien nodig). Gooi biltong oor, maak deksel toe en stoom 5 minute. Maak oop en roer pot deur, dit moenie droogkook nie. Gooi gerasperde kaas bo-oor en laat staan 5 minute.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Kom besoek die Kanaal 7 en Omeya uitstalling vandag vanaf 09h00 tot laat voor die Pick ‘n Pay in Wernhill Inkoopsentrum! Modelle van die ontwikkeling sal te siene wees en Gholf balle met T-Hemde sal weggegee word aan die eerste 100 besoekers! Vir meer inligting rondom hierdie spesiale ontwikkeling van Kanaal 7, kontak gerus vir Pierre Hollander by 081 144 42665 of besoek Omeya se webtuiste by

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Dirk Louw gesels vanoggend om 08h30 oor Vas en Gebed met ‘n heruitsending vanaand om 20h30.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Rhona gesels om 07h40 met Fouché Brand, uitvoerende beampte van Capricorn Asset Management oor hoe belangrik dit is dat mense 'n beleggingsdoelwit moet hê.Capricorn Asset Managementwww.cam.com.na

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U … in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Psalm 56:4,5 "Here, vandag vertrou ek in my moeilikheid geheel op U. Amen."

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 137: Spreuke 17:1 – Spreuke 19:29

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Verjaar 'n vriend of familielid op Vrydag, 17 Mei? Ons saai verjaardag boodskappe uit elke oggend om 08h20. Comment net onderaan of stuur 'n sms na 1023 of 'n epos aan klets@k7.com.na

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Jy hoor dit bykans daagliks: Kliëntediens en algemene dienslewering is besig om te verswak, mense hou nie by hulle woord nie, kom nie terug na jou oor ‘n produknavraag nie, daar is net nie die “commitment” of toewyding om die kliënt eerste te stel nie… Wat dink jy is die oorsaak hiervan en die moontlike oplossing? Weet jy van ‘n plek of instansie waar kliëntediens nog ‘n prioriteit is? Luister Vrydagoggend, 17 Mei van 06:00 af…

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Vir die wat wonder waar ons Israel Toer groep is... Hulle is op die lughawe in Jordanië, afwagtend op hul vlug via Abu Dhabi na Johannesburg.

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Kom besoek die Kanaal 7 en Omeya uitstalling hierdie Vrydag, 17 Mei vanaf 09h00 tot laat voor die Pick ‘n Pay in Wernhill Inkoopsentrum! Modelle van die ontwikkeling sal te siene wees en Gholf balle met T-Hemde sal weggegee word aan die eerste 100 besoekers! Vir meer inligting rondom hierdie spesiale ontwikkeling van Kanaal 7, kontak gerus vir Pierre Hollander by 081 144 42665 of besoek Omeya se webtuiste by

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

16 Mei - Die Noorde Span by Okahandja OuetehuisKruistog - Die Noorde Span

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

En uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. Johannes 1:16 "Here, vandag verlang ek Jesus se grootheid in my hart. Amen."

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 136: Spreuke 14:1 – Spreuke 16:33

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

1 Petrus 1:16 sê: “Wees heilig want Ek is heilig… Julle moet ook in julle hele lewenswandel heilig wees…” Dit klink na ‘n onmoontlike opdrag in die Bybel - hoe verstaan jy hierdie bekende Bybelteks? Wat beteken dit om heilig te lewe? Luister na Andrè en Rhona Donderdag, 16 Mei van 06:00 tot 09:00 en gee jou mening…

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Verjaar 'n vriend of familielid op Donderdag, 16 Mei? Ons saai verjaardag boodskappe uit elke oggend om 08h20. Comment net onderaan of stuur 'n sms na 1023 of 'n epos aan klets@k7.com.na

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Israel & Egipte Toer - 15 Mei13 fotos nuevas

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

Sal jy kans sien vir die wêreld se eerste 140-Loop "Rollercoaster"? Alton Towers, 'n gesogde pretpark in Brittanje spog met hierdie Guinness Wêreld rekord titel! Bron: Mirror UK

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

14 Mei - Moeder Miemie besig om haar kombuis in te rigKruistog - Die Ooste Span

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

14 Mei - Die ooste span se kamp vanaand naby die lughaweKruistog - Die Ooste Span

Like
  • 0 users like this.
Kanaal 7 (Channel 7)
Kanaal 7 (Channel 7)

14 Mei - Adelaide het vandag verjaarKruistog - Die Ooste Span

Like
  • 0 users like this.
Get our toolbar!
Review radiobeta.com on alexa.com

New widget!

Give your site visitors the best radio experience.
Easy and Free: Get Code!


Radios Argentina - Radios México - Francia Radios - Cameroon Radios - China Radios - Radios España - United States Radios - Radios Colombia - Radios Brazil - Germany Radios
2013 © RadioBeta - All rights reserved