Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus. Romeine 6:11 "Here, vandag bely ek my sondes aan U. Amen."

Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus. Romeine 6:11 "Here, vandag bely ek my sondes aan U. Amen."
2 hours ago
Like

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 139: Spreuke 23:1 – Spreuke 25:28
3 hours ago
Like

Daar is nog net 'n paar uur oor om vir jou gunsteling kamp foto te gaan stem op Gramadoelas se Facebookblad in ons "Herinneringe is 'n Skatkis" foto kompetisie! Wanneer die vure hoog brand sal ons 'n wenner bepaal van daardie heerlike wegbreek naweek by Mondjila Safari Kamp en dit bekend maak op Gramadoelas se blad. Kyk gerus uit en gaan maak seker jou gunsteling is die voorloper!http://www.mondjilasafaricamp.com/www.mondjilasafaricamp.com
19 hours ago
Like

Na 20 jaar het Kanaal Sewe Direksie en Bestuur besluit dit is tyd vir ‘n nuwe vars en moderner logo. Die simboliek en beskrywing van die logo is eg en opreg aan die visie en missie van Kanaal 7. BESKRYWING DIE SEWE Die syfer sewe simboliseer God se perfektheid, Sy soewereiniteit en Sy heiligheid. Die 7 is steeds primêr die fokuspunt en duidelik herkenbaar, maar is tog vereenvoudig. Die hoeke is meer gerond, juis sodat dit 'n meer moderne aanslag kan hê. Om daardie rede vertoon dit dan ook meer kompak. Omdat die evangelie juis nie net tot ons klein wêreld beperk moet word nie, "groei" die 7 as’t ware oor wêreldgrense heen. Dit oorvleuel die sirkel/wêreld. Omdat elke organisasie 'n struktuur nodig het om effektief te kan funksioneer word 'n sterk donkerblou kleur (bepalend van die struktuur/gesag) gebruik om gesag en beheer binne die organisasie uit te oefen. Die donker buitelyn verleen outoriteit en standvastigheid aan God se wil en Kanaal 7 se visie deurdat die 7 nou nog sterker na vore kom. In teenstelling daarmee is die aanwending van geel (die swakker kleur) binne die 7 'n toonbeeld van onderdanigheid en nederigheid aan Sy outoriteit en struktuur. Kleur: Geel – energie, vreugde, blydskap, opgeruimdheid, lewe en varsheid Kleur: Donkerblou – stabiliteit, outoriteit, verantwoordbaarheid, toewyding, uitmuntendheid en integriteit DIE RONDE "VOL" SIRKEL Rond en vol simboliseer perfeksie, sonder gebreke. Die soliede, ronde, ligblou sirkel verteenwoordig die sendingveld, die wêreld, in sy geheel. Die sirkel omsluit die hele wêreld as 'n sendingveld, volmaak ingesluit in God se "sirkel" of wil. Deur Sy perfekte wil vir Kanaal 7 te aanvaar kan ons nou vrylik daarbinne (die sirkel) beweeg. Kleur: Ligblou (Cyan) – omgee, spanwerk, energie en passie HALF-GEBROKE SIRKELS Simboliseer gebrokenheid (afhanklikheid), maar ook diensbaarheid. Kanaal 7 se Christelike beginsels en geloofsverklaring van die Drie-eenheid (Vader, Seun en Heilige Gees) word sterk beklemtoon deur die drie half-gebroke sirkel- of sein-groepe. Die sirkels is simbolies van K7 se strewe om die toonaangewende, interaktiewe Mediakanaal vir Jesus Christus te wees. Die Here gebruik juis dié wat "gebroke" en nederig van hart is om die evangelie te versprei. Matteus 5: 3 - 12 “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” Sodra die evangelie in ons harte is, het dit 'n rimpeleffek VANUIT die harte van ons as Christene na die res van die wêreld, en word dit oor grense heen, reg rondom die wêreld versprei deur middel van radiogolwe/seine. En omdat Kanaal 7 reeds die bestaande en gevestigde platform is, word die "rimpeleffek" prakties toegepas deur dit as medium te gebruik tot eer en verheerliking van Sy Naam. Met netwerk en kommunikasie primêr in gedagte, skep die logo die perfekte aansluitingspoort/middelpunt (hub) wat mense, families, die gemeenskap en die korporatiewe besigheidswêreld bevoordeel. Op sy beurt, dui die gebroke sirkels baie duidelik die toekomstige rigting vir Kanaal 7 aan – GROEI NA BUITE! FONT Flexo - 'n Informele, half boksvormige font wat uitstaan in baie gebruike daarvan en vertroue inboesem. Dit sal in die meeste gevalle uitstaan in beide hoofopskrifte en teksformaat. Dit maak van die font 'n gewilde keuse vir die korporatiewe identiteit van Kanaal 7. Deur die font in kursief aan te wend word die oorgrote meerderheid van die luisteraars in Namibië in ag geneem. Dit is 'n mark wat plat op die aarde en mededeelsaam is, en die oorgrote meerderheid luisteraars wil juis nie as korporatief geklassifiseer word nie. Daar moet dus ruimte wees vir beide wêrelde: informeel sowel as korporatief. Die aanwending van die font is dus informeel (kursief) in dié geval, maar steeds beheers en professioneel. Deurdat die naam "Channel" (bo) en "Kanaal" aan die onderkant geplaas is, balanseer dit die logo. Daarmee word die Afrikaanse luisteraars se gevoelens en belangrikheid steeds as prioriteit gereken en erken, maar onderdanig tot ons nasionale landstaal. Dit is ook in ooreenstemming met Kanaal 7 se visie om die evangelie binne grense (tweetalig), maar ook oor grense heen te versprei in 'n internasionaal erkende taal – Engels.
23 hours ago
Like

Luister vanoggend tussen 09h00 - 10h00 na Gramadoelas met 'n heruitsending vanaand om 18h00.GramadoelasGramadoelas is Kanaal 7 se Buitelewe Radioprogram. Luister Saterdae tussen 09h00 - 10h00 onder leiding van Deon de Waal en Neal v/d Berg.
1 day ago
Like

… julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees ... Handelinge 1:8 "Here, vandag bid ek vir die volheid van u Heilige Gees in my hart, om U met oorwinning te kan dien. Amen."
1 day ago
Like

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 138: Spreuke 20:1 – Spreuke 22:29
1 day ago
Like

Vanoggend is ons vroeg uit die vere en na ontbyt vertrek ons deur die grenspos na Jordanië. Dit is hier waar ons vir Ami totsien sê. Groet was nog nooit lekker nie. Ons visums veroorsaak dat ons ure op die grenspos vertoef en genoodsaak is om direk na die lughawe in Jordanië te ry. Ons het darem ‘n bietjie van die land gesien deur ons bus se venster. Die einde van ons toer is insig. Ons vertrek vanaf die lughawe in Amman via Abu Dhabi na Johannesburg. Die toerlede is opgewonde om weer by hulle families aan te sluit, tog ook hartseer oor die vriende wat ons gemaak het op die toer. Vir elkeen wat saamgegaan het, baie dankie! Dankie vir julle omgee, liefde en geduld. Onthou, elkeen van julle is spesiaal!Israel & Egipte Toer - 16 MeiVanoggend is ons vroeg uit die vere en na ontbyt vertrek ons deur die grenspos na Jordanië. Dit is hier waar ons vir Ami totsien sê. Groet was nog nooit lekker nie. Ons visums veroorsaak dat ons ure op die grenspos vertoef en genoodsaak is om direk na die lughawe in Jordanië te ry. Ons het darem ‘n bietjie van die land gesien deur ons bus se venster. Die einde van ons toer is insig. Ons vertrek vanaf die lughawe in Amman via Abu Dhabi na Johannesburg. Die toerlede is opgewonde om weer by hulle families aan te sluit, tog ook hartseer oor die vriende wat ons gemaak het op die toer. Vir elkeen wat saamgegaan het, baie dankie! Dankie vir julle omgee, liefde en geduld. Onthou, elkeen van julle is spesiaal!
2 days ago
Like

Toks van der Linde se Biltongpot (Bedien 10) 3 uie, gekap 1 pakkie vars sampioene, opgesny 1 pakkie spek, opgesny 1 pakkie frankfurter worsies, opgesny 1 pakkie kaasworsies, (‘cheese grillers’), opgesny 1 pak skroefnoedels 1 pakkie Sampioenrys 1 pakkie Spaanse rys 720g gekerfde beesbiltong 250g gerasperde kaas Braai uie en sampioene in olie in pot. Geur met sout. Voeg spek by en braai 2 minute, voeg worsies by. Braai 5 minute. Gooi noedels en rys by en een ketel kookwater. Maak pot toe en prut 20 minute (gooi nog water by indien nodig). Gooi biltong oor, maak deksel toe en stoom 5 minute. Maak oop en roer pot deur, dit moenie droogkook nie. Gooi gerasperde kaas bo-oor en laat staan 5 minute.
2 days ago
Like

Kom besoek die Kanaal 7 en Omeya uitstalling vandag vanaf 09h00 tot laat voor die Pick ‘n Pay in Wernhill Inkoopsentrum! Modelle van die ontwikkeling sal te siene wees en Gholf balle met T-Hemde sal weggegee word aan die eerste 100 besoekers! Vir meer inligting rondom hierdie spesiale ontwikkeling van Kanaal 7, kontak gerus vir Pierre Hollander by 081 144 42665 of besoek Omeya se webtuiste by
2 days ago
Like

Dirk Louw gesels vanoggend om 08h30 oor Vas en Gebed met ‘n heruitsending vanaand om 20h30.
2 days ago
Like

Rhona gesels om 07h40 met Fouché Brand, uitvoerende beampte van Capricorn Asset Management oor hoe belangrik dit is dat mense 'n beleggingsdoelwit moet hê.Capricorn Asset Managementwww.cam.com.na
2 days ago
Like

Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U … in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Psalm 56:4,5 "Here, vandag vertrou ek in my moeilikheid geheel op U. Amen."
2 days ago
Like

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 137: Spreuke 17:1 – Spreuke 19:29
2 days ago
Like

Verjaar 'n vriend of familielid op Vrydag, 17 Mei? Ons saai verjaardag boodskappe uit elke oggend om 08h20. Comment net onderaan of stuur 'n sms na 1023 of 'n epos aan klets@k7.com.na
3 days ago
Like

Jy hoor dit bykans daagliks: Kliëntediens en algemene dienslewering is besig om te verswak, mense hou nie by hulle woord nie, kom nie terug na jou oor ‘n produknavraag nie, daar is net nie die “commitment” of toewyding om die kliënt eerste te stel nie… Wat dink jy is die oorsaak hiervan en die moontlike oplossing? Weet jy van ‘n plek of instansie waar kliëntediens nog ‘n prioriteit is? Luister Vrydagoggend, 17 Mei van 06:00 af…
3 days ago
Like

Vir die wat wonder waar ons Israel Toer groep is... Hulle is op die lughawe in Jordanië, afwagtend op hul vlug via Abu Dhabi na Johannesburg.
3 days ago
Like

Kom besoek die Kanaal 7 en Omeya uitstalling hierdie Vrydag, 17 Mei vanaf 09h00 tot laat voor die Pick ‘n Pay in Wernhill Inkoopsentrum! Modelle van die ontwikkeling sal te siene wees en Gholf balle met T-Hemde sal weggegee word aan die eerste 100 besoekers! Vir meer inligting rondom hierdie spesiale ontwikkeling van Kanaal 7, kontak gerus vir Pierre Hollander by 081 144 42665 of besoek Omeya se webtuiste by
3 days ago
Like

16 Mei - Die Noorde Span by Okahandja OuetehuisKruistog - Die Noorde Span
3 days ago
Like

En uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. Johannes 1:16 "Here, vandag verlang ek Jesus se grootheid in my hart. Amen."
3 days ago
Like

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 136: Spreuke 14:1 – Spreuke 16:33
3 days ago
Like

1 Petrus 1:16 sê: “Wees heilig want Ek is heilig… Julle moet ook in julle hele lewenswandel heilig wees…” Dit klink na ‘n onmoontlike opdrag in die Bybel - hoe verstaan jy hierdie bekende Bybelteks? Wat beteken dit om heilig te lewe? Luister na Andrè en Rhona Donderdag, 16 Mei van 06:00 tot 09:00 en gee jou mening…
3 days ago
Like

Verjaar 'n vriend of familielid op Donderdag, 16 Mei? Ons saai verjaardag boodskappe uit elke oggend om 08h20. Comment net onderaan of stuur 'n sms na 1023 of 'n epos aan klets@k7.com.na
4 days ago
Like

Israel & Egipte Toer - 15 Mei13 fotos nuevas
4 days ago
Like

Sal jy kans sien vir die wêreld se eerste 140-Loop "Rollercoaster"? Alton Towers, 'n gesogde pretpark in Brittanje spog met hierdie Guinness Wêreld rekord titel! Bron: Mirror UK
4 days ago
Like

14 Mei - Moeder Miemie besig om haar kombuis in te rigKruistog - Die Ooste Span
4 days ago
Like

14 Mei - Die ooste span se kamp vanaand naby die lughaweKruistog - Die Ooste Span
4 days ago
Like

14 Mei - Adelaide het vandag verjaarKruistog - Die Ooste Span
4 days ago
Like

15 Mei - Hierdie man en vrou vanaf Zimbabwe oppad Kaap toe het ook vanoggend gehelp met die kruisKruistog - Die Noorde Span
4 days ago
Like

14 Mei - Patrick van Buroso vanaf Otjiwarongo het die vir die noorde span droëwors en koeldrank saamgebring en sommer self 1km gestap!Kruistog - Die Noorde Span
4 days ago
Like

Dirk Louw gesels vanoggend om 08h30 oor Vas en Gebed met ‘n heruitsending vanaand om 20h30.
4 days ago
Like

En die Here sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke. Jesaja 58:11 "Here, vandag vertrou ek meer op wat U vir my in u Woord sê, as wat ek in my hart voel. Amen."
4 days ago
Like

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 135: Spreuke 11:1 – Spreuke 13:25
4 days ago
Like

Watter skoolmaats of skoolmaat sal jy bittergraag weer wil sien of net mee wil kontak maak? As jy bereid is dat ons jou nommer oor die lug gee mag dit moontlik die geleentheid wees om ou skoolmaats van destyds weer bymekaar uit te bring. Luister Woensdagoggend 15 Mei van 06:00 af…
4 days ago
Like

Verjaar 'n vriend of familielid op Woensdag, 15 Mei? Ons saai verjaardag boodskappe uit elke oggend om 08h20. Comment net onderaan of stuur 'n sms na 1023 of 'n epos aan klets@k7.com.na
5 days ago
Like

Wees gegroet in die Naam van Jesus, Naam bo elke Naam! Na ontbyt besoek ons die Olyfberg, met sy panoramiese uitsig oor Jerusalem – waar Dawid eenkeer aanbid het (2 Sam 15:30-32). Ons stap die Palmsondagroete waarlangs Jesus op ‘n donkie die stad binne gery het. Ons vertoef in die tuin van Getsemane waar elkeen ‘n paar minute kry om stil te raak ... wat ‘n heilige oomblik. Ons stap dan oor na die kerk van All Nations en daarna vertrek ons na die Ou Stad en gaan in deur die Stefanus poort. Na middagete besoek ons die Klaagmuur in die ou stad, ook bekend as die Westelike muur – die mees heilige plek vir die Jode. Daarna besoek ons die kerk van St. Peter in Galicantu, ook bekend as die huis van Kajafas of die kerk van Hanekraai, waar Petrus Jesus verloën het. Ons staan in die grot waar Jesus vir 3 ure gevange gehou is en elke toerlid ervaar verskillende emosies. Net as ons dink gister was ‘n hoogte punt, dan kom vandag. Ons slaap vanaand weer in die Jerusalem Gate Hotel en kan nie wag vir môre nie ...Israel & Egipte Toer - 14 MeiWees gegroet in die Naam van Jesus, Naam bo elke Naam! Na ontbyt besoek ons die Olyfberg, met sy panoramiese uitsig oor Jerusalem – waar Dawid eenkeer aanbid het (2 Sam 15:30-32). Ons stap die Palmsondagroete waarlangs Jesus op ‘n donkie die stad binne gery het. Ons vertoef in die tuin van Getsemane waar elkeen ‘n paar minute kry om stil te raak ... wat ‘n heilige oomblik. Ons stap dan oor na die kerk van All Nations en daarna vertrek ons na die Ou Stad en gaan in deur die Stefanus poort. Na middagete besoek ons die Klaagmuur in die ou stad, ook bekend as die Westelike muur – die mees heilige plek vir die Jode. Daarna besoek ons die kerk van St. Peter in Galicantu, ook bekend as die huis van Kajafas of die kerk van Hanekraai, waar Petrus Jesus verloën het. Ons staan in die grot waar Jesus vir 3 ure gevange gehou is en elke toerlid ervaar verskillende emosies. Net as ons dink gister was ‘n hoogte punt, dan kom vandag. Ons slaap vanaand weer in die Jerusalem Gate Hotel en kan nie wag vir môre nie ...
5 days ago
Like

Luister vanmiddag om 13h30 wanner Kobus Hanekom van Martelare vir Christus met Linda gesels oor die belangrikheid van China in die wêreldbediening. Hul gebedsversoeke soos volg: * Dank God vir die wonderlike groei van die Kerk in China * Bid vir geestelike en fisiese krag vir duisende Christene in Chinese tronke * Bid vir die kerke in China om Chinese sendelinge na naburige lande uit te stuur om daar 'n verskil in God se koningkryk te maak
5 days ago
Like

Bly op hoogte met die Israel & Egipte toer se bedrywighede deur @K7radio te volg op Twitter. Die toergroep het sopas in Jerusalem aangekom!
5 days ago
Like

Tasse is gepak en ons vertrek net na ontbyt na Jerusalem. Ons eerste stop vir die dag is by Cana en dit is hier waar 6 x egpare van die groep hulle ‘vows’ herbevestig voor die hele groep. Wat ‘n bruilof want dit is dieselfde plek waar Jesus water in wyn verander het. Ons besoek daarna Nasareth Village, waar ons ‘n idée kry van hoe Jesus en sy familie gewoon en gewerk het. Ons reis verder na ‘n ander hoogtepunt en verby die heuwel van Megiddo, het ons ‘n mooi uitsig oor Armageddon (Jisreël vlakte). Dan staan ons ook op die berg Karmel waar Elia die Baälpriesters uitgedaag het. Dit sproei reën liggies en die Woord word ‘n werklikheid op die berg Karmel. Ons laaste stop is by ‘n gerestoreerde Romeinse amfiteater wat gebou was deur koning Herodes die Grote. Ons verneem meer van Paulus, wie se sendingsreise hier begin het. Dit was ook die tuisdorp van Pilatus, Filippus en Cornelius. DAN .... ry ons Jerusalem binne! WOW, WOW, WOW! Ons as groep nuttig ietsie te ete en drink ‘n glasie druiwesap op Jerusalem. Ons gaan vanaand tuis in die Jerusalem Gate Hotel. Mag julle geseënd wees liewer facebook-vriende, want ons as groep is beslis!Israel & Egipte Toer - 13 MeiTasse is gepak en ons vertrek net na ontbyt na Jerusalem. Ons eerste stop vir die dag is by Cana en dit is hier waar 6 x egpare van die groep hulle ‘vows’ herbevestig voor die hele groep. Wat ‘n bruilof want dit is dieselfde plek waar Jesus water in wyn verander het. Ons besoek daarna Nasareth Village, waar ons ‘n idée kry van hoe Jesus en sy familie gewoon en gewerk het. Ons reis verder na ‘n ander hoogtepunt en verby die heuwel van Megiddo, het ons ‘n mooi uitsig oor Armageddon (Jisreël vlakte). Dan staan ons ook op die berg Karmel waar Elia die Baälpriesters uitgedaag het. Dit sproei reën liggies en die Woord word ‘n werklikheid op die berg Karmel. Ons laaste stop is by ‘n gerestoreerde Romeinse amfiteater wat gebou was deur koning Herodes die Grote. Ons verneem meer van Paulus, wie se sendingsreise hier begin het. Dit was ook die tuisdorp van Pilatus, Filippus en Cornelius. DAN .... ry ons Jerusalem binne! WOW, WOW, WOW! Ons as groep nuttig ietsie te ete en drink ‘n glasie druiwesap op Jerusalem. Ons gaan vanaand tuis in die Jerusalem Gate Hotel. Mag julle geseënd wees liewer facebook-vriende, want ons as groep is beslis!
5 days ago
Like

Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Efesiërs 4:1 "Here, vandag besef ek hoe ek nog kortkom aan ’n lewe wat deur die Heilige Gees beheer word. Amen."
5 days ago
Like

Lees die Bybel in EEN jaar - Dag 134: Spreuke 8:1 – Spreuke 10:32
5 days ago
Like

Die Israel groep by 'n Romeinse amfiteater wat deur koning Herodes die Grote laat bou is.Israel & Egipte Toerlede
5 days ago
Like

Jackie - Suid-AfrikaIsrael & Egipte Toerlede
5 days ago
Like

Ontmoet die toerlede wat saam met ons reis ....Israel & Egipte ToerledeOntmoet die toerlede wat saam met ons reis ....
5 days ago
Like

Hoe goed ken jy jou bure of weet jy nie regtig wie rondom jou bly nie? Dink jy goeie buurmanskap is belangrik? Gesels saam Dinsdagoggend van 06:00 af en begin ook jou dag met lof en aanbidding en die belangrike nuus van die oomblik…
5 days ago
Like

Verjaar 'n vriend of familielid op Dinsdag, 14 Mei? Ons saai verjaardag boodskappe uit elke oggend om 08h20. Comment net onderaan of stuur 'n sms na 1023 of 'n epos aan klets@k7.com.na
6 days ago
Like

Ons is in die laaste week om te kan stem vir jou gunsteling Kamp-foto in die Gramadoelas "Herinneringe is 'n Skatkis" Foto kompetisie! Moenie vergeet om vir JOU gunsteling te gaan stem deur hul foto te LIKE nie. 'n Asemrowende weg-breek naweek kan gewen word met die komplimente van Mondjila Safari Kamp. Gaan loer gerus op hul webtuiste by
6 days ago
Like

13 Mei - Willa het alreeds vanaf 05h30 voor die kampeer terrein se hekke gewag vir die Span om hul kruis te dra!Kruistog - Die Ooste Span
6 days ago
Like